Grant Botti het die honderdpoot raakgegryp en uitgetrek voor dit dieper kon inbeweeg en ernstige skade aanrig.

Sy ma het die lewende honderdpoot in ’n plastieksak gesit en die tiener hospitaal toe geneem.

Volgens dokters het die honderdpoot skaafplekkies aan Grant se oordrom veroorsaak. Hulle het glo nog nooit voorheen so ’n geval teëgekom nie.

Niemand weet waar die honderdpoot vandaan kom nie, maar die tiener van Arkansas sê dit het moontlik in sy oor gekruip toe hy onlangs gaan swem het.

BRONNE: telegraph.co.uk, dailymail.co.uk