< >

Polisie in Berlyn het Dinsdag gesê hulle het ’n 31-jarige man onder verdenking van poging tot bedrog in hegtenis geneem nadat die wakker pensioentrekker hulle op sy spoor gesit het.

Die vrou het onraad vermoed toe ’n vrou kamtig van ’n instandhoudingsfirma haar bel en aanbied om haar elektriese toestelle na te gaan.

Sy aanvaar toe die aanbod en ontbied onmiddellik die polisie.

Beamptes het die man, wie se identiteit nog onbekend is, minute later by sy aankoms in hegtenis geneem. Die verdagte, ’n vermeende swendelaar, is net vyf dae tevore uit die tronk vrygelaat.

Die polisie het nie die verdagte of die vrou se besonderhede bekendgemaak nie.