Beamptes is verfilm waar hulle die diere aankeer ná die ongeluk op die Amerikaanse roete 35 in Xenia Township naby Dayton.

Die vragmotorbestuurder het glo beheer oor die voertuig verloor voor hy teen die veiligheidsreling gebots het. ’n Passasier in die vragmotor is met geringe beserings hospitaal toe gebring.

Tydens die ongeluk was daar sowat 2 200 varkies in die vragmotor. Tot 500 is vermoedelik dood, terwyl sowat 1 500 weer gevang is.

’n Plaaslike brandweerhoof het aan WLWT News gesê: “Daar het ’n hele paar varkies uitgekom en van die ongelukstoneel af weggehardloop. Hulle is in die woud.