Ons deel die nuutste inligting soos bekend, hieronder: Drie bogrondse werknemers word vermis. Al die myners is gered.

Die voorval word as 'n fratsongeluk bestempel.

Vroeër vandag:

Reddingswerkers is op pad om die reuse-sinkgat wat gevorm het, te stabiliseer. Vrywilliger Anton Strydom van Off-raod Rescue Services sê dat hul wetlik eers bystand kan verleen as stabilisasie bereik is.

Vyf myners word nog vermis.

Mnr Mike Begg van die Lily-myn het aan verslaggewer Anchen Coetzee van die Barberton Times gesê dat daar kontak gemaak is met al die myners wat nog ondergronds vasgekeer is.

Hy het genoem dat die sogenaamde 'lamp-kamer' ineengestort het.Hierdie is die laaste halte voordat myners nog verder na benede gaan. Dit is waar hulle lampe en veiligheidstoerusting ontvang.

Daar is reeds sowat 70 van die myners na die Barberton-hospitaal geneem vir waarneming en behandeling. Geen ernstige beserings is tot dusver aangemeld nie.

Paramedici en reddingswerkers is besig om ’n plan van aksie te beraam om die beseerdes en die vasgekeerdes by te staan.

In hierdie stadium is daar reeds 15 mynwerkers deur ventilasieskagte bogronds gebring. Volgens berigte is die toestande ondergronds baie onstabiel en reddingswerkers wag op mynamptenare om vas te stel of hulle die vasgekeerde mynwerkers kan bystaan.

Geen sterftes is in hierdie stadium aangemeld nie.

Lees ook: Nuwe slenter teiken SABC

Volgens die Barberton Times lyk dit asof ’n rotsstorting tot die ramp gelei het.

Lees ook: Belangrike waarskuwing vir ouers met babas

* Die oorspronklike berig is met die jongste inligting aangepas.

Meer oor die Lily-myn

Vantage Goldfields SA is in 2010 op die Australiese aandelebeurs gelys en besit twee myne in die Barberton-omgewing, naamlik Lily en Taylor.

Goudneerslae kom wyd voor in die streek en ou goudmynskagte wat na die 1800’s terugdateer kom gereeld in die kontrei voor.

Bronne: barbertontimes.co.za, lowvelder.co.za

Lees ook

105-jarige ‘Ouma Wit’ verklap geheim van haar lang lewe

Céline Dion in trane tydens roerende huldeblyk aan haar man

Kan lug in jou oor ’n migraine help verlig?