Intussen soek reddingsdienste naarstigtelik na ’n onderwyser wat Sondag in sy voertuig deur die vloedwater meegesleur is. Die 48-jarige man is volgens Times Live vermoedelik ’n onderwyser in die Nquthu-gebied in die noorde van die provinsie. Drie mense is ook beseer toe dieselfde lot hul voertuig in die Mtuzi-gebied getref het.

Robert McKenzie, woordvoerder vir KwaZulu-Natal se nood mediese dienste, het bekend gemaak 22 mense moes uit ’n bus by Nseleni naby Richardsbaai gered word toe vloedwater dit oorstroom het.

Beamptes van plaaslike wetstoepassers het aangedui verskeie huise is reeds deur die vloedwater meegesleur.

Lae temperature, koue en nat weer sal na verwagting Maandag voortduur.

Foto's en video's wys die omvang van die vloede

 
 

Bronne: timeslive.co.za, ecr.co.za