Noelle Baynham se goeie vriend het op haar afgekom nadat hy by die huis ingegaan het toe sy nie die deur oopmaak nie. Die 61-jarige Noelle se Jack Russell en Staffordshire-bulterriër het haar lyk gedeeltelik opgevreet.

Krapmerke aan die voormalige juwelier se lyk toon die verhongerde diere het haar probeer wakker maak voor hulle aan haar lyk begin vreet het.

Krapmerke aan die voormalige juwelier se lyk toon die verhongerde diere het haar probeer wakker maak voor hulle aan haar lyk begin vreet het.

Noelle het vermoedelik ná ’n oordosis inmekaargesak en gesterf, maar die presiese oorsaak van haar dood kan nie vasgestel word nie, want die honde het haar lewensorgane verskeur.

Tydens ’n nadoodse ondersoek is getuig die vriend, Grant Donovan, het homself op 17 Januarie by Noelle se huis in Winnall Hampshire ingelaat.

Hy sê hy het sy vriendin se lyk op die trapportaal gekry. Sy het ’n kamerjas aangehad.

Die patoloog dr. Amanda Jeffery het getuig Noelle, ’n alkoholis wat aan bipolêre steuring gely het, het waarskynlik gesterf “’n paar dae” voor sy gekry is.

Sy het gesê Noelle is waarskynlik dood aan ’n verskeidenheid middels wat in haar gestel gekry is – moontlik weens ’n oordosis of weens ’n opeenhoping van middels.

Haar honde is op die aanbeveling van polisiebeamptes van kant gemaak.

Bronne: Daily Mail, News.com.au