Die voorval het Dinsdag in Athlone gebeur.

Die kind en man was glo in hul agterplaas toe die honde oor ’n muur spring en hulle aanval.

Die man is in ’n kritieke toestand en die driejarige lig beseer.

 Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê met hul aankoms op die toneel het 'n familielid reeds die kind na die Rooi Kruis-kinderhospitaal geneem.

“Die man het op die grond gelê, maar was steeds by sy bewussyn. Hy het verskeie beserings opgedoen. ER24 het hom na die Life Vincent Pallotti-hospitaal in Pinelands geneem.”

Luidens berigte het die man die driejarige probeer beskerm. Plaaslike owerhede was op die toneel om die voorval te ondersoek.