‘n Hartroerende nuwe YouTube-video wys hoe beagle-honde vrygelaat word nadat hulle nog hulle hele lewe lank in hokke aangehou is.

Duidelik vreesbevange en onseker oor wat buite hulle staalhokke vir hulle wag, neem dit die honde ‘n hele paar minute voor hulle uiteindelik gras onder hulle pootjies voel.

Die honde is gebruik vir mediese toetse in ‘n laboratorium in Spanje voordat hulle uiteindelik vrygelaat is nadat die laboratorium sy deure moes sluit.

Sowat 72 beagles is deur lede van die Animal Rescue Media Education (ARME) gered. Baie van die honde het nog nooit sonlig gesien nie.

Hier is ‘n video van die oomblik toe die honde vrygelaat is: