’n Lid van die Witrivier-polisie se honde-eenheid het Sondag ’n verdagte Toyota Prado by die Nkomazi-tolhek op die N4 in Mpumalanga afgetrek.

Die beampte en sy hond het die voertuig deursoek en die hond het reageer toe hulle een van die motor se twee brandstoftenke bereik.

Na ’n soektog het hulle op die heroïen in die brandstoftenk afgekom, het die polisiewoordvoerder sers. Gerald Sedibe gesê. “Dwelms ter waarde van R50 miljoen is in die brandstoftenk gevind. Die motor het vanaf Mosambiek gekom en was onderweg na Gauteng.”

Nadat die polisie die tenk verwyder en verder ondersoek het, het hulle op heroïen, van die suiwer Afgaanse soort, afgekom. Die dwelms was in klein pakkies in die tenk verpak.

Die bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem.

Bron: News24

Lees ook op Huisgenoot.com:

Hulde aan voormalige presidentsvrou Nancy Reagan

Vrae oor die einde van Aardklop

Vrou vertel van haar ‘verlammende vrees’ vir werk

Dubbele vreugde vir Bobby van Jaarsveld op sy verjaarsdag