Sooki is ’n Jack Russel-Fox Terriër-bastertjie. “ Ek is so ’n trotse ma, ek brag sonder ophou,” vertel die aktrise.

“Kan nie aan ’n beter foto dink om saligheid te beskryf nie. So verlief, dis belaglik!” het sy by ’n foto van haar en Sooki op Instagram geskryf.

Sy en haar kêrel, die akteur en sanger Stefan Ludik, het Sookie sowat twee weke gelede gekry. “ Dit was nie eintlik beplan nie, maar ons het alles deurdink. Dis ’n groot verantwoordelikheid. Ons verloor slaap en los mekaar af met potjiediens!” vertel Amalia.

[post-slider]

“Maar sy’s vrek slim en leer vinnig. Sy kan lekker stout wees, maar watter klein hond is nie? Ons is baie verlief op haar en is bly ons het haar gekry.”

Selfs Amalia se kat, Yoyo, het vrede gemaak met die nuweling in die huis.

En Stefan is glo alte handig. “Hy is flippen oulik met haar! Hy gaan eendag ’n goeie pa wees . . .”

- Loren Pienaar