[caption id="attachment_169371" align="alignnone" width="600"]Die gebruik van hierdie foto is slegs ter illustrasie en dit is nie die hond wat die vrou aangeval het nie. Foto: Pixabay Die gebruik van hierdie foto is slegs ter illustrasie en dit is nie die hond wat die vrou aangeval het nie. Foto: Pixabay[/caption]

Die vrou het in ’n park in Salt Rock naby Ballito met haar hond gestap toe die voorval gebeur.

Sy het aansienlike vaskulêre beserings opgedoen, sê Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue.

IPSS-paramedici vir gevorderde mediese steun het haar eers op die toneel behandel voor sy na die Ethekwini-hospitaal gehaas is, sê Paul.

“Sy is na ’n vaskulêre chirurg gehaas, want die aansienlike beserings wat sy opgedoen het, het haar ledemate in gevaar gestel weens bloedvloei,” sê hy.

Bron: News24