’n Britse hond het ’n werk as ’n radio-omroeper losgeslaan.

Die swart Labrador Rockdog gaan elke Sondagmiddag ’n rockprogram op die Britse radiostasie Kerrang! Radio aanbied en moet “onderhoude” met gaste voer.

“Dis vir mense moeilik om dit te glo, maar dis ’n regte egte hond. Dis ’n program vir mense wat lief is vir rockmusiek. En honde,” sê James Walshe, die programbestuurder by Kerrang! Radio.

Dié ongewone program het ontstaan danksy ’n ooreenkoms tussen Kerrang! Radio en Guide Dogs, ’n vereniging wat elke jaar derduisende gesiggestremdes se lewe help verbeter.

-Bang Showbizz