’n Hond sterk aan nadat die dier in ’n dramatiese lugreddingspoging uit ’n vol rivier gered is.

Mense het Vrydagmiddag gesien hoe die klein, bruin hond, waarvan die naam onbekend is, in die Los Angeles-rivier afdryf.

Ooggetuies sê die hond, vermoedelik ’n labrador-kruising, is naby die Burbank-grens in Kalifornië sowat 1,6 km stroomaf meegesleur.

Tydens die reddingspoging, wat op kamera vasgelê is, is ’n brandbestryder van Los Angeles aan ’n kabel van ’n helikopter laat sak voor hy na die hond geswem het.

Die kamera fokus dan op die bewende dier.

Die sewejarige hond, wat nie ’n mikroskyfie gehad het nie, was blykbaar geskok, maar sal herstel.

Bronne: Sky News, The Telegraph, NBC Los Angeles