Die ster – veral bekend vir sy rol as Frank Mathison, die intelligensiebeampte Carrie Mathison se pa in die trefferreeks Homeland – het sy lang stryd teen velkanker verloor, berig TMZ. James het glo Vrydagaand by sy huis gesterf nadat sy toestand die afgelope paar weke “drasties verswak” het.

Behalwe vir sy rol teenoor Claire Danes in Homeland, sal die akteur onthou word vir sy rolle in Hollywood-treffers, waaronder Scent of a Women teenoor Al Pacino en die minister van verdediging Albert Nimziki in Independence Day.

James het sy loopbaan in die 50’s afgeskop en rolle in verskeie TV-reekse, waaronder Third Watch, Law & Order, Boston Legal, 30 Rock en The Good Wife gehad. Hy het ook Reese Hughes in White Collar gespeel.

Die huldeblyke het reeds ingestroom op Twitter en aanhangers en voormalige kollegas het hul eer aan die wyle ster betoon. Mike Birbiglia het geskryf: “So hartseer om die hoor James Rebhorn is dood. Hy het my pa gespeel in Sleepwalk With Me. Ek was gelukkig om so ’n fantastiese mens te ken.”

Nog ’n aanhanger het geskryf: “James Rebhorn, rus in vrede. Ons rolprentaanhangers het aanvaar jy sou altyd daar wees en fantasties wees omdat jy nog altyd was.”