Mel Gibson is slaggereed om volgende jaar vir die die negende keer pa te word. Hierdie 60-jarige ster en regisseur van Braveheart en sy 26-jarige vriendin, Rosalind Ross, verwag hul eersteling saam, het People.com bevestig.

69th Cannes Film Festival - 'Blood Father’- Photocall

Die nuwe baba sal Mel se negende wees, en die veteraan-akteur kan nie meer opgewonde wees nie. "Mel en Rose is so opgewonde oor die baba," het 'n goeie vriend aan die publikasie vertel.

"Mel is lief daarvoor om 'n pa te wees en hy en Rose kan nie wag om saam ouers te wees nie. Die afgelope paar jaar (saam met Rose) was van die gelukkigste jare wat hy ooit gehad het."

Die kleinding sal Rose, 'n voormalige perderuiter en skrywer, se eerste wees.

"Sy is goed vir hom," het iemand in die binnekring onlangs aan People.com gesê. "Sy het haar eie lewe, maar geniet skynbaar Mel se lewe ook...Hulle verkeer baie op dieselfde bladsy."

Die blydskap rondom die nuwe kleinding is maar die jongste goeie nuus vir Mel nadat sy nuuste filmprojek, Hacksaw Ridge, 'n 10-minuut lange applous by die onlangse Venesiese Filmfees in Italië behaal het.

Hierdie dramaprent wat tydens die Tweede Wêreldoorlog afspeel en spog met Andre Garfield (The Amazing Spider-Man) in die hoofrol, is op die lewe van Desmond Doss gegrond. Daar heers reeds gerugte dat die ster en regisseur dalk vir Oscars benoem gaan word vir hul werk aan die prent.

Mel het onlangs 'n geskil met sy eks-meisie Oksana Grigorieva opgelos rankende onderhoudsgelde vir hul sesjarige dogter, Lucia. Mel en Oksana is in 2010 uitmekaar.

Die regisseur van The Passion of the Christ het ook sewe ouer kinders saam met sy voormalige vrou, Robyn, van wie hy in 2011 ná 26 jaar saam finaal geskei is.

© Cover Media