Meryl Streep, Jeff Bridges, Katie Holmes, die country-sangeres Taylor Swift en die True Blood-akteur Alexander Skarsgård wys almal gesig in die rolprent wat volgende Augustus die silwerdoek tref.

Die rolprent is gegrond op die Amerikaanse skrywer Lois Lowry se wetenskapsfiksie-boek vir jong volwassenes uit 1993. Die verhaal speel af in die verre toekoms waarin mense nie emosies het nie. Net ’n enkele Giver (Bridges) het die taak om die verlede te onthou. Hy dra nou dié kennis aan ’n jong seun (Brenton Thwaites) oor.

[caption id="attachment_54959" align="aligncenter" width="600"]Cameron het dié foto van Tafelberg op Instagram gedeel. Cameron het dié foto van Tafelberg op Instagram gedeel.[/caption]

Van die jong akteurs in die fliek is reeds in die Moederstad vir die verfilming. Cameron Monaghan, wat Ian Gallagher speel in die gewilde TV-reeks Shameless, het ’n foto van Tafelberg getwiet met die onderskrif: “Table for the Gods... @Table Mountain”. Hy het ook ’n aanhaling van Madiba, ’n foto van ’n rob en ’n kiekie van hom en die Hollywood-grote Jeff Bridges op Instagram gelaai.

[caption id="attachment_54960" align="aligncenter" width="600"]Cameron het hierdie foto van hom en die akteur Jeff Bridges op Instagram gedeel. Cameron het hierdie foto van hom en die akteur Jeff Bridges op Instagram gedeel.[/caption]

Dezi Rorich, die reklamebeampte van die fliek, wou nie veel uitlap oor die rolprent of wanneer die ander akteurs Suid-Afrika toe kom nie. Sy sê die fliek gaan in die Kaap geskiet word en hulle begin vandeesweek met die verfilming.

Volgens berigte word ’n “klein dorpie”, met sewe houthuise, ook in die arboretum in die Paarl gebou waar hulle volgende maand verfilm.

Die jong sterre in die fliek

Brenton Thwaite: Die 24-jarige Australiese akteur vertolk die rol van Jonas, ’n jong seun wat deur die Giver (Bridges) gementor word. Katie Holmes speel sy ma en Alexander Skarsgård sy pa.

[caption id="attachment_3904" align="aligncenter" width="300"]Taylor Swift Taylor Swift[/caption]

Taylor Swift: Taylor (23) speel Rosemary, die laaste tiener wat The Giver (Bridges) mentor voor hy Jonas ontmoet. Dalk spat daar selfs vonke op die stel! Taylor en Brenton was verlede maand vreeslik gesellig op ’n partytjie tydens Toronto se Internasionale Rolprentfees. “Taylor was daar vir werk, maar toe sy en Brenton begin praat, het sy so te sê al die ander mense in die vertrek ignoreer,” vertel ’n bron. En hy het glo ’n meisie. Ons wonder wat dié daarvan dink dat die twee nou nog meer in mekaar se geselskap gaan wees. Hou dié ruimte dop!

Odeya Rush – Die 16-jarige aktrise is veral bekend vir haar rol in die fantasie-dramafliek van 2012 The Odd Life of Timothy Green met Jennifer Garner. Die Israeliese aktrise speel Fiona, ’n hegte vriendin en liefdesbelangstelling van Jonas.

Cameron Monaghan: Die 20-jarige akteur van die TV-reeks Shameless gaan Jonas se beste vriend Asher speel.

  • Het jy een van dié Hollywood-akteurs in die Kaap gewaar? Stuur jou foto’s of laat weet ons by lara.atson@media24.com.

BRONNE: HOLLYWOODLIFE.COM, IMDB, THEWRAP.COM, DIE BURGER