Die ster van televisiereekse soos Lost en The Vampire Diaries het vandag in Johannesburg aangekom.

Ian Somerhalder, wat die rol van Damon Salvatore in The Vampire Diaries vertolk, het vroegoggend op sy Twitter-profiel aangekondig dat hy in Suid-Afrika is.

“Beeldskone oggend in Johannesburg. Terug in Afrika. Ek is so bly om terug te wees ;),” het Somerhalder getweet.

Die rede vir sy besoek aan Suid-Afrika is nog nie bekend nie.