HOE lank wil jy hierdie sang-ding doen? Die dokter se woorde was kras, maar beslis en glashelder duidelik: As hy nie nou rem aandraai nie, kan hy oor ’n jaar vergeet van ’n stem oorhê.

Dis woorde wat die sanger en TV-ster Emo Adams nooit in sy naarste drome verwag het om al op 32 te hoor nie. Dit op die kruin van sy suksesvolle loopbaan . . .

Maar dit was inderdaad so – daardie alewige seerkeel, die slapelose nagte en krampende bene was die begin van die einde en uitbranding beslis sy voorland, moes hy daardie dag in sy dokter se spreekkamer hoor.

Sy stem is ietwat sagter as gewoonlik hier op die rusbank in die blyplek in Kraaifontein wat hy met sy modelmeisie, Michelle Gildenhuys (23), deel. Ja, erken hy ernstig, die werklikheid het hom kliphard geslaan, en dit begin nou eers werklik tot hom deurdring.

“Jy sien, optree is soos ’n dwelm, jy kan jouself nie help as jy eers op daai verhoog staan nie. Ek wou nie aan myself erken daar kan dalk fout wees nie; ek is dan fiks, ek doen hierdie ding al vandat ek ’n laaitie is en ek voel oukei.’’

In sy teaterjare het hy agt keer per week in David Kramer en wyle Taliep Petersen se Kat & the Kings opgetree en nogal drie maande aaneen, vertel Emo.

Lees meer in Huisgenoot van 10 Maart 2011