’n Turk leef met ’n hok om sy kop om sy rookgewoonte ná 26 jaar hok te slaan.

Ibrahim Yücel, wat twee pakkies per dag kafdraf, is desperaat om op te hou rook nadat sy pa onlangs aan longkanker dood is.

Die Turkse koerant Hurriyet Daily News berig Ibrahim het ’n maand lank gesukkel om ’n hok uit 40 m koperdraad te maak. Die hok het twee slotte en net Ibrahim se vrou en 14-jarige dogter het sleutels.

Nou net pasop vir die koperdiewe . . .