Robin (65) het Woensdag ’n dringende aansoek ingedien dat ’n dokter hom sy lewe help beëindig.

Hy lei aan terminale prostaatkanker en het net ’n paar weke oor. Hy het aan die hof vertel dat hy graag wil sterf wanneer hy dit verkies en met sy geliefdes om hom.

Die hof het beslis Robin is verstandelik bevoeg, en dat hy vrylik en vrywillig en sonder invloed die aansoek ingedien het.

Geen dokter word verplig om Robin se wens uit te voer nie, maar geen dokter wat aan sy wens voldoen, sal vervolg word nie.

Hierdie baanbrekersaak kan die weg baan vir soortgelyke gevalle, aangesien Suid-Afrikaanse wetgewing nie spesifiek melding van genadedood maak nie.

Bronne: Netwerk24, The Sowetan, EWN