Wanneer sy skool, die Hoërskool Labori Paarl, teen die Hoërskool Stellenbosch kragte meet, is dit ’n taai stryd. Maar Ryand Hattingh het nooit kon droom daardie o.19A-wedstryd in 2005 sou ’n einde maak aan sy rugbyloopbaan en sy droom om ’n vlieënier te word nie.

Trouens, hy het amper nie vandag hier in sy ouerhuis in Kaapstad gestaan nie, hier waar die Hattinghs onlangs sy sukses gevier het in ’n hofsaak wat as ’n eerste in sy soort beskou word. Daarin is ’n speler wat hom kwaadwillig en ernstig in ’n rugbywedstryd beseer het, daarvoor aanspreeklik gehou.

Toe hy destyds op daardie Bolandse skoolveld ’n teenstander “jack-knife! ’’ hoor skree, “het ek ’n harde skrum verwag’’,onthou die voormalige haker.

Maar ’n onwettige en uiters gevaarlike beweging het ná hierdie kodewoord gevolg.

Lees meer in Huisgenoot van 19 Mei. 

Volg Huisgenoot op Twitter.