SY HEMP is vol stofkolle en sy kortroek se band is onder sy groot maag weggesteek. Gary Allpass lyk na ’n onwaarskynlike held.

Maar die bekroonde perdryinstrukteur en perdeafrigter het pas ’n hofsaak agter die rug wat hoop gee aan tallose MIV-positiewe Suid-Afrikaners wat diskriminasie by die werk vrees.

In 2008 het sy werkgewers hom afgedank nadat hy onthul het hy het MIV. Gary (48) het besluit om hulle hof toe te vat oor onregverdige ontslag. Min het hy geweet waarvoor hy hom inlaat: Die saak het uiteindelik twee jaar voortgesleep en hom emosioneel en finansieel uitgeput.

Maar op 15 Februarie is sy durf en deursettingsvermoë dubbel en dwars beloon toe die hof in sy guns beslis.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Maart 2011