’n Gesprek tussen regsverteenwoordigers van die DBV en past. Chris Baadjies, die man wat daarop aanspraak maak dat Kaptein Seeley aan hom behoort, sal vandag voortgesit word berig Volksblad.

Die twee strydende groepe het Dinsdag vergader om oor die geskil rondom die eienaarskap van Kaptein Seeley te onderhandel. Volgens Volksblad is albei kampe bereid om hof toe te gaan oor die kwessie.

Boonop blyk dit dat die eienaar van die hond R40?000 vir die reddingsoperasie gaan moet betaal. Dit is die gesamentlike rekening van die instansies wat by die operasie betrokke was.

Baadjies het Maandag daarop aanspraak gemaak dat Kaptein Seeley, soos wat die hond deur Volksblad-lesers gedoop is, aan hom behoort. Volgens Baadjies is haar naam eintlik Gigi en sy het sowat twee weke gelede in die omgewing van die Groot Gat weggeraak.

Maar, die DBV het bevestig dat Baadjies nie Gigi se verdwyning by die DBV aangemeld het nie.

Bron: Volksblad