[caption id="attachment_122713" align="alignnone" width="600"]sdfg Steve Hofmeyr se seun, Devon, is dolgelukkig en verlief. Maar sy ander seun, Armand (inlas) het onlangs opgebreek met sy meisie. Foto's: Facebook[/caption]

Terwyl Devon (21) smoorverlief in die wolke rondsweef, beleef sy ouer boetie, Armand (27), ’n liefdesteleurstelling.

Devon en sy meisie, Belindé Schreuder(19), het die skoot hoog deur. Hulle is van Desember verlede jaar af saam. Boonop is die smeulende blondekop van Centurion ’n beroepsmodel.

[caption id="attachment_122710" align="alignnone" width="600"]Devon saam met sy meisie, xxx en sy pa, Steve Hofmeyr. Foto: Facebook Devon saam met sy meisie, Belindé en sy pa, Steve Hofmeyr. Foto: Facebook[/caption]

“Ons is absoluut mal oor mekaar,” sê Devon.

Volgens hom het hulle mekaar twee jaar gelede op ’n kerkbyeenkoms ontmoet en was hulle vir ’n ruk vriende voor die liefde opgevlam het.

“Ons albei is diep gelowig en avontuurlustig; sy’s die perfekte pasmaat. Ek en sy is baie energiek en geniet dit om tyd saam in die natuur deur te bring, te jag en berg te klim.

“Wanneer ons ’n bietjie wil rus, sal ons biltong eet en rugby kyk.”

Sy ouer boetie sit tans op die teenpool van die liefde.

Armand het vroeg vandeesmaand op Facebook bekendgemaak dat hy en sy meisie, Chantelle Bisschoff, hul verhouding beëindig het.

Capture

“Vandag is ek baie hartseer om te sê ek groet die liefde van my lewe,” skryf hy.

“Moeilike omstandighede in die lewe maak dat ’n mens nie ’n ordentlike verhouding kan hê nie, en ek hou daarvan om alles te gee. (Ek) sal altyd in my hart lief wees vir jou.”

[caption id="attachment_122712" align="alignnone" width="598"]Armand se eksmeisie het hierdie fotoprent van hul verhouding gemaak. Foto: Facebook. Armand se eksmeisie het hierdie fotoprent van hul verhouding gemaak. Foto: Facebook. [/caption]

Toe Huisgenoot vir Armand probeer kontak, het hy deur Devon laat weet hy wil nie kommentaar lewer nie.

– Jacques Myburgh

Ook op Huisgenoot.com:

Sexy Ryk en sy beeldskone Sahar baljaar tussen die branders van die Maldives

Banters let op! Algemene wanopvattings oor eetplanne met min koolhidrate

Valk tref motor en oorleef wonderbaarlik ’n hele naweek vasgekeer in sierrooster

Mauritius-moordsaak: Saak teen SA besigheidsman laat vaar

Jacques Terre’Blanche raak nostalgies en sing Lucas Maree se Droomvrou vir sy oorlede pa