.

André van Wyk (26), alombekend as "Smiley", was nie self Vrydag in die hof nie. Sy ouers het wel verrigtinge bygewoon.

Tydens sy laaste hofverskyning is Smiley vir 30 dae van psigiatriese evaluering gestuur. Die staatsaanklaer het egter versoek dat dit met 20 dae verleng word. Die verdediging het nie die versoek teengestaan nie.

Die saak is uitgestel tot 15 Desember.

Anika (17) is in 2010 in haar slaapkamer dood aangetref. Sy was afgeboek vir ’n oorinfeksie en het tuis gebly. Haar pa, Johan Smit, het op haar lyk afgekom. Anika was ten tyde van haar dood ’n gr. 11-leerling aan die Hoërskool Gerrit Maritz.

Sy het steekwonde gehad en albei haar hande is afgekap, maar hulle is nooit gekry nie.

André staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en lykskending.

Bron: News24