’n Regter in die Amerikaanse deelstaat van Ohio het beslis dat ’n vrou in die hof met pepersproei bespuit moet word. Hoekom? Uit weerwraak.

Die ongewone vonnis het die stad Painesville sy naam laat gestand toe nadat Michael Cicconetti, ’n regter van die munispale hof, vir Diamond T Gaston ’n keuse gegee het – 30 dae in die tronk of pepersproei in die gesig.

Diamond het skuldig gepleit op aanranding nadat sy pepersproei op haar slagoffer gebruik het, berig Fox8. En hy’t sy oomblik van wraak gekry toe sy kies om eerder met pepersproei bespuit te word as om tronk toe te gaan.

Die regter het egter die slagoffer ’n nie-skadelike een met waterbasis laat gebruik. Diamond het dit natuurlik nie geweet toe haar slagoffer haar daarmee bespuit nie. Sy’t ook nie geweet dit word op video opgeneem nie.

Die regter is bekend vir sy ongewone taktieke en sy gewoonte om sosiale geregtigheid laat geskied.

In nog ’n verhoor is ’n vrou wat skuldig gepleit het op diefstal omdat sy nie ’n taxibestuurder betaal het nie, die keuse gegun om 60 dae in die tronk deur te bring of om die afstand van die taxi-rit te stap. Sy is 48 uur gegee om 48,3 km af te lê en beveel om R1200 in skadevergoeding te betaal.

Die regter het al in die verlede ook ’n dronkbestuurder beveel om te kyk na die liggame van motorongeluk-slagoffers in ’n lykshuis. Hy’t ook al een keer ’n groep tieners beveel om van kop tot tone in groen aan te trek nadat hulle gevang is waar hulle ’n speletjie speel waar hulle aan deure geklop, weggehardlop en verfballe teen ’n huis gegooi het.

Bronne: News.com.au, Daily Mail