het The Star Donderdag berig. Sy moet ook die man, ’n Durbanse sakeman se regskoste betaal.

Hy het 'n finale interdik teen die vrou gekry ná uitlatings, wat sy op Facebook kwytgeraak het oor 'n beweerde aand van "jollery" terwyl hul vyfjarige dogter in sy sorg was.

Hoewel die vrou nooit sy naam gebruik het nie, het die verwysing na haar "eks" hom geïdentifiseer.

"Die lasterlike bewerings" is op Facebook geplaas nadat hul dogter die naweek by haar pa deurgebring het en saam met hom by 'n partytjie was. Sy het eindelik saam met 'n voorskoolse onderwyser op 'n bed aan die slaap geraak.

Die vrou ken die onderwyser, maar sy is nie in 'n verhouding met die man betrokke nie.

Die daaropvolgende week het die ma op Facebook beweer dat daar 'n "jol" was en dat haar "eks se dronk vriend op die ou einde saam met ons dogter geslaap het."

- SAPA