Die hof het beslis dat hy steeds in aanhouding sal bly tot minstens 28 Julie, wanneer sy aansoek om borgtog aangehoor sal word.

Daar sal ook intussen beslis word of Yela se verdediging toegang tot die polisiedossier oor sy saak kan kry.

Die tweeling

Yela word daarvan beskuldig dat hy sy driejarige tweeling, Maximo en Octavio, op 6 April vanjaar in ’n gehuurde vakansiehuis in Houtbaai vermoor het.

Die vermoede bestaan dat Yela van die moord op hul tweeling vertel het na haar aankoms by die vakansiehuis.

Hy het na bewering op die dag van die moord ’n boodskap aan sy eksvrou, Julia Engelhorn, gestuur en gevra om vir middagete oor te kom.

"Yelo het ’n mes in sy besit gehad en gedreig om haar dood te maak.”

Die vermoede bestaan dat Yela van die moord op hul tweeling vertel het na haar aankoms by die vakansiehuis.

“Sy het opgestaan, na die slaapkamer gegaan en die tweeling daar aangetref. Hul derde kind, ’n sewejarige seun, was nog by die skool. Yelo het ’n mes in sy besit gehad en gedreig om haar dood te maak,” het die staatsaanklaer Benito Adonis op 12 April vanjaar gesê.

Yela sou na Spanje teruggekeer het op dieselfde dag van die tweeling se moord.

Julia het daarin geslaag om uit die huis te ontsnap en sekuriteitspersoneel van die landgoed se aandag te trek.

Yela het in sy eks se motor gespring en weggejaag. Hy is later op die M3 in hegtenis geneem. Volgens Julia se prokureur, Juan Smuts, sou Yela na Spanje teruggekeer het op die dag van die tweeling se moord.

Steekwonde

Yela het op 7 April in die hospitaal beland nadat hy glo steekwonde in sy buik opgedoen het terwyl hy in die Houtbaai-polisieselle was.

William Booth (vir Yela) het destyds Yela se beserings as ernstig beskryf.

Maar Benito het gesê die wonde is oppervlakkig en moontlik self toegedien.

Uitstaande verslae

Booth het gesê hulle oorweeg dit steeds om Yela na Valkenberg-hospitaal te verwys vir waarneming deur ’n paneel psigiaters.

“Dit sal meer spesifiek van betrekking wees op die gedrag en optrede van die beskuldigde op die dag van die voorval. Dit is nie ’n geval van ’n geestesteuring wat hom verhoed om tereg te staan nie.”

Die staat wag nog dat verskeie verslae ingedien word. Die hof het nog nie die nadoodseondersoekverslae van die tweeling ontvang nie.

Die staatsaanklaer Louise Friester-Sampson sê hulle wag nog op ’n toksikologieverslag en ’n verslag van ’n selfoon.

’n Rekonstruksie van wat op 6 April gebeur het, moet ook nog voltooi word.

Bron: news24.com