Tertius Dorfling (54), die voormalige adjunkhoof van die Hoërskool Linkside, is Vrydag in die Port Elizabeth-streekhof vrygespreek van die aanklag van verkragting teen hom. Die gebrek aan bewyse en die swak gehalte van die klaagster se getuienis word as redes vir die uitspraak genoem.

Hoewel die landdros saamgestem het dat die talle Facebook- en teksboodskappe tussen Dorfling en die meisie op meer as bloot ’n onderwyser-leerderverhouding dui, is daar geen bewyse dat sy ooit verkrag is nie.

Dorfling het in Februarie in die streekhof skuld ontken aan die klag wat die vrou, nou 20, teen hom maak.

Hy het in Oktober 2014 uit die onderwysdepartement bedank toe die eerste beskuldigings deur die skolier gemaak is.

“Ek het vir hom gesê dit is verkeerd, maar hy het gesê dit voel reg,” het sy getuig.

Die donkerkopvrou het aangevoer haar verhouding het as 14-jarige met die skool se adjunkhoof in 2011 begin. Sy was ’n tiener wat baie probleme gehad het en was desperaat vir aandag, het sy getuig. Dorfling het soos ’n mentor vir haar geword.

“Ek het vir hom gesê dit is verkeerd, maar hy het gesê dit voel reg,” het sy getuig.

Daarna het hulle na bewering seks in sy motor, by sy huis en by ’n gastehuis in die stad gehad.

“Ek wou alles gehad het wat hy vir my beloof het,” het sy aan die hof gesê.

Sy beweer hulle het in die daaropvolgende ses maande verskeie kere seks gehad. Dorfling het na bewering vir haar ’n toekoms saam belowe.

“Ek wou alles gehad het wat hy my beloof het,” het sy aan die hof gesê.

Bykomende bron: heraldlive.com