Die regter het bevind die Getrouheidsfonds moet Joost R385 665 betaal sowel as sy regskoste dek.

Joost se aansoek kom nadat sy sakevenoot en prokureur, Robert Klinkenberg, volgens hom meer as R385 000 van sy geld verduister het. Robert is op 3 Desember verlede jaar onder raaiselagtige omstandighede dood.

Lees ook: Joost van der Westhuizen se prokureur vermoor

Die oud-Springbok het die geld aan Robert, die direkteur van Klinkenberg Incorporated, toevertrou om dit in ’n trust te bewaar sodat hy makliker toegang daartoe toe kon kry vir sy mediese uitgawes. Hy ly sedert 2011 aan die ongeneeslike motorneuronsiekte en moet dag en nag versorg word.

Regter Lester het Dinsdag bevind Joost se aansoek is inderdaad ’n “saak van lewe en dood” en dus dringend, soos sy regspan aangevoer het. Die Getroudheidsfonds het Joost se aansoek betwis en aangevoer Robert het nie die geld by die rugbyster gesteel nie, daarom moet hy dit eerder van sy voormalige prokureur se boedel verhaal.

Joost se regspan het egter aangevoer die Getrouheidsfonds is aanspreeklik as ’n prokureur ’n kliënt se geld wanbestee.