Tyd en afstand kon nie die hoërskoolliefies, Joyce Kevorkian en James Bowman meer weg van mekaar hou nie – hulle het uiteindelik afgehaak nadat hulle vir 64 jaar aparte lewens gelei het. Die paartjie het in 1952 uitgegaan toe hulle op hoërskool was, maar toe hulle in 1953 matrikuleer, het albei na verskillende stede getrek — en uiteindelik met ander mense getrou en kinders gehad.

[caption id="attachment_175053" align="alignnone" width="671"]PHOTO: Anna Harris/ Twitter Foto: Anna Harris/ Twitter[/caption]

“Hulle het nie in kontak gebly nie, behalwe vir hoërskoolreünies en ’n seldsame oproep. Hy het sy lewe gehad en ek myne. Hy’t my seker so vier keer oor die afgelope 60 jaar gebel,” het Joyce vertel aan BuzzFeed News.

James het Joyce verlede jaar gebel en gevra of sy hom sou help beplan aan ’n hoërskoolreünie, min wetende dat dit ook tot ’n reünie van ’n ander soort sou lei!

Joyce se kleindogter Anna Harris, het op haar Instagramblad geskryf: “Hul gesprek het tot nog ’n oproep en nog een gelei en die oproepe het uiteindelik gelei tot kuiers en hulle het toe van vooraf verlief geraak. My ouma het weer begin glimlag, ons het gepraat oor haar toekoms en waarna sy uitsien . . . sy’t weer haarself geword.” James het in Desember die vyf uur lange rit na South Bend, Indiana onderneem om sy hoërskoolliefde op nog ’n afspraak uit te neem. En nadat hulle ’n paar keer gesels het, het hulle besef hulle het nooit opgehou om mekaar lief te hê nie.

“Ons het besef ons hou nog net soveel van mekaar soos toe ons 17 was,” vertel sy. “Ons het vir dieselfde grappies gelag.”

Albei het hul wederhelftes aan die dood afgestaan en gedink hulle sou nooit weer liefde vind nie.

Bronne: Buzzfeed, Twitter