Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 20 min.

Gaarmaak: 25-30 min.

12-16 hoendervlerkies, puntjies afgesny

5 ml (1 t) strooisuiker

5 ml (1 t) sout

15 ml (1 e) sesamolie

ROOISOUS

60 g botter

60 ml (¼ k) soet brandrissiesous

45-60 ml (3-4 e) tamatiesous

30 ml (2 e) rysasyn

3 ml (ruim ½ t) worcestersous

1 ml (¼ t) mosterdpoeier

1 ml (¼ t) uievlokkies

Voorverhit die oond tot 230 °C. Plaas ’n vel bakpapier op ’n bakplaat.

  1. Sny die vlerkies by die lit deur. Geur met die strooisuiker en sout en giet die olie oor. Vryf in en pak in ’n enkellaag op die bakplaat.
  2. Oondbraai 20-30 min.
  3. Rooisous Meng intussen al die bestanddele vir die sous in ’n kastrolletjie en laat goed kook, sowat 5 min.
  4. Giet oor die vlerkies en meng.