tomato_puree

(Lewer 2½ koppies puree wat gevries kan word)

Jou benodigdhede:

2 hoenderdye; koop dit met die vel en been verwyder om tyd te bespaar

15 ml (1 e) canola-olie

125 ml (½ k) preie, in skywe gesny (dit het ’n sagter smaak as ’n ui)

500 ml (2 k) patat, geskil en gekap (gebruik die patat met die oranje vlees indien moontlik)

80 ml (? k) droë appelkose, gehalveer

160 ml (? k) tamatiepuree

250 (1 k) hoenderaftreksel of water (Ek het poeier-aftreksel gebruik, maar dit is nog beter as jy jou eie kan maak.)

Verwyder die vleis van die hoender en gooi die vel, vet en been. Ek het sowat 120 g hoender vir die resep gebruik. Sny dit in blokkies.

Verhit die olie in ’n pan en braai die prei tot sag, sowat 4 min. Voeg die hoender by en roerbraai tot dit aan alle kante nie meer pienk is nie. Voeg die patat by en roerbraai ’n minuut. Roer die appelkose, tamatiepuree en hoenderaftreksel by. Laat kook, bedek en laat sowat 15 min. prut. Verwerk tot ’n puree.

Die effense soet smaak van die kombinasie van die hoender, patat en appelkoos, is lekker vir babas. Ek het hoenderdye gebruik omdat dit sagter en minder droog as hoenderborsies is.

Boonop het die hoender se donker vleis twee keer soveel yster en sink as die witvleis. Dié resep is ’n goeie bron van proteïen, yster, selenium en sink van die hoender, asook beta-karoteen en vitamien C van die patat en meer vitamien C van die appelkoos en tamatiepuree.

Inhoud van: Anthea de Villiers, geregistreerde dieetkundige (SA) 

Besoek Checkers vir nog resepte.