Ons het groot geskrik toe ons die pragtige Karlien van Jaarsveld Donderdagaand met ’n drup aan haar arm sien.

“Sit ek my beste smile op vir die foto,” het sy op Instagram geskryf. “Ek’s op ’n drup. Probeer regkom vir vanaand se show by Firkin (’n kroeg in Centurion)! So... hoop ek sien julle almal daar vanaand!”

Maar Karlien stel ons dadelik gerus toe ons haar oor die foto uitvra. “Dis darem nie ernstig nie. Ek het na die Ghoemas (die jaarlikse toekenningsaand vir Afrikaanse musiek) ’n maagvirus opgedoen en my kop was seer. Dinsdag het ek weer ’n vertoning gehad en Woensdag was ek darem af, maar ek het steeds ’n vergadering gehad,” vertel sy.

“Toe ek gisteraand vir my show moet regmaak, het dit vir my gevoel ek gaan dit nie maak nie,” vertel sy sommer so in die ry op pad New Castle toe waar sy weer Vrydagaand optree.

Sy het haar dokter, Melanie Kruger, besoek wat haar vinnig op ’n drup gesit het met allerhande medisyne en vitamines daar in.

Lees ook: Aitsa! Die geheim agter Karlien van Jaarsveld se nuwe styl

“Daar was so klomp goed in: magnesium; iets vir naarheid. Ek het dadelik beter gevoel. Ek het toe sommer vir so uur daar geslaap. My dokter is baie goed vir my.”

Haar aanhangers was duidelik net so bekommerd oor haar welstand, want kort voor lank het ondersteunende boodskappe ingestroom.

Pickard Henn skyf: “Sterkte Karlien. Jy’s ’n yster.” Hannetjie van Westhuizen het ook van haar laat hoor: “Sterkte Karlien. Ek glo die Here sal jou bystaan. Moenie bekommerd wees nie.”

Karlien sê haar immuniteitstelsel was die afgelope tyd net nie wat dit moet wees nie, maar sy is seker sy sal spoedig weer beter voel.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Familie verpletter ná ongeluk Afrikaanse sanger eis en sy rekenaar met nuwe musiek van toneel verdwyn

Kyk net hoe pragtig vorder dié beeldskone bekendes se swangerskappe!

Kyk net watter hartebreker het weer pa geword!

‘My seun, die hamermoordenaar’: verslae ma maak hart oop

‘Hy beweeg nie eintlik nie’ – Pa se noodkreet ná hy sy huilende baba dood skud