Dié 15-jarige van Oudtshoorn se golwende bruin hare met ligte strepe daarin is nog nooit geknip nie en hang nou al so te sê tot by haar voete. “Soms trap ek dit vas wanneer ek stap,” sê Kiana wat besig is om hoërskool deur tuisonderrig te voltooi. “Maar dit is glad nie moeilik om dit te versorg nie.”

Lees ook: Nie ’n haarkapper naby my nie, dankie!

Sy was dit elke aand en dan kam haar ma, Margret (52), dit vir haar uit. Sy gebruik omtrent ’n bottel sjampoe per maand en slaap snags met haar hare in ’n bolla om te keer dat sy nie daarin verstrengel raak nie. Die wind is ook glad nie vir haar ’n probleem nie. “Dit is nogal vreemd, maar dit maak nie saak hoe baie die wind waai nie, my hare maak nooit koeke nie.”

Kiana sê sy groei haar hare, omdat daar in die Bybel staan dat ’n vrou se hare haar eer is. Ook haar ma en twee skoonsusters, Rika (25) en  Debbie Ellis (25) het ook lang hare.

Dit is ook nie die einde nie, want Kiana is glad nie van plan om binnekort haar lokke te laat waai nie en wil haar hare sommer nog baie langer laat groei.

Wie weet, dalk help dit haar om haar droom te bewaarheid en eendag die sangsensasie te word wat sy so graag wil word. “Ek dink dit sal help om die aandag te trek.”

– Marelize Potgieter

Die hare waai hier:

Kyk net hoe lyk Rolanda Marais met 'n kort kapsel!

Video: Só moet ’n haarsny mos lyk – met swaarde!