[caption id="attachment_89886" align="alignnone" width="620"]Foto's: Sapa Foto's: Sapa[/caption]

Só het Nathi Mncube, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), by die hooggeregshof in Pretoria gesê volgens Netwerk24.

Regt. Thokozile Masipa het die staat se aansoek toegestaan om Oscar se skuldigbevinding te appelleer, maar het die appèl teen sy vonnis verwerp.

Die staat meen Oscar moes aan moord skuldig bevind gewees het en nie aan strafbare manslag nie.

Die NVG sal oorweeg of daar ’n versoek aan die appèlhof gerig moet word oor Woensdag se bevinding dat die staat nie teen die vonnis en die vryspraak van aanklag 4 mag appelleer nie.

Die staat is egter tevrede met die bevinding dat die staat wel vier regsvrae oor die moordklag verder kan neem.

Nathi het ook gesê die staat respekteer die hof se kostebevel wat opgelê is nadat die staat nie verlof gekry het om teen die vonnis te appelleer nie. Pistorius-familie Oscar se familie het Woensdag gesê hulle sou hulle berus in die besluit van die hooggeregshof in Pretoria wat die staat toelaat om teen die Paralimpiese atleet se skuldigbevinding te appelleer.

'Ons neem kennis van die hof se bevinding.'

“Ons neem kennis van die hof se bevinding en hou by die beslissing,” het sy oom Arnold Pistorius in ’n kort verklaring gesê.

“Die aansoek om verlof tot appèl teen die vonnis is van die hand gewys,” het sy gesê.

Maar rakende die aansoek teen sy skuldigbevinding het sy gesê: “Ek is tevrede dat die punte wat die aansoeker (die Staat) opgehaal het, inderdaad ’n regsvraag is.”

Bronne: Sapa, Netwerk24