In die video dans Jerome in ’n swembroek in die gangetjie van ’n vliegtuig.

'Vine is ’n app waarmee gebruikers video’s van ses sekondes kan opneem en deel.'

Vine is ’n app waarmee gebruikers video’s van ses sekondes kan opneem en deel.

Hy’t die video van homself gemaak waar hy die toilet in ’n heldergeel Speedo-soort swembroek verlaat met ’n groen opblaas-eend in een hand.

’n Bemanningslid op die vlug onderweg van Mexiko na Miami het die polisie vanuit die lug gebel.

Die aanlyn ster het voor die vliegtuig se landing getwiet hy sal binnekort in hegtenis geneem word en aanhangers gevra om die hutsteken #AmericanAirlinesCHILLOUT te twiet. Dit was ’n rukkie ’n gewilde soekterm op Twitter soos aanhangers hom ondersteun het.

Polisiebeamptes het hom by die lughawe in Miami ingewag toe hy die vliegtuig verlaat en hom na FBI-agente geneem. Jerome het later getwiet hy het gesien die FBI-agente het van sy aanhangers se twiets uitgedruk. Hy is ná ’n kort rukkie vrygelaat en sal nie aangekla word nie.

Hy het later ’n foto gedeel van homself op sy knieë by die lughawe met sy arms omhoog met die onderskrif: “Ek is vry!”

Bronne: YouTube, Sky News