Die ouderdom waarop babas begin tande kry, wissel grootliks. Lees verder as jy bekommerd begin raak omdat jou kleinding steeds sonder tande sit. Die ouderdom waarop babas begin tande kry, wissel grootliks. As jy bekommerd begin raak omdat jou kleinding steeds sonder tande sit, moenie bekommerd wees nie, daar is ’n reeks faktore wat daartoe kan bydra:

  • Gene: Vra ’n bietjie jou ouers of jy ook traag was om tande te kry. Tande se ontwikkeling is geneties, en kan grootliks van jou baba se gene afhang.
  • Geslag: Meisies is geneig om vroeër tande te ontwikkel as seuns.
  • Swak eetgewoontes: ’n Tekort aan vitamien D en kalsium kan daartoe lei dat jou kind se tande nie ontwikkel nie. Sorg dus dat jy jou baba genoeg borsmelk gee.
  • Hipotiroïdisme: Babas met onderaktiewe skildkliere se tandvorming en ander ontwikkeling word dikwels vertraag.

As jou baba se eerste tand teen 12 tot 15 maande steeds nie sy opwagting gemaak het nie, beveel kenners aan dat jy jou kind na ’n pediatriese tandarts neem. Bronne: parenting.com, babycenter.com, livestrong.com,