Dit lyk asof Ashley Stabler 'n spook gesien het, of is dit miskien 'n visioen van dit wat vir haar voorlê?

Dié 23-jarige meisie is duidelik versteen van skrik oor dit wat sy voor haar sien.

Volgens berigte het Ashley, van Tulsa in die Amerikaanse deelstaat Oklahoma, haar gesigsfoto by die Tulsa-distrikstronk laat neem het vir 'n reeks verkeersoortredings – na bewering vir bestuur met 'n opgeskorte lisensie, geen bewys van versekering nie, en foutiewe nommerplate.

Sy is in die tronk aangehou terwyl daar borgtog van bykans R7 000 hangende was. Sy is drie dae later vrygelaat. Ashley is, volgens berigte, egter nie ’n vreemdeling by ’n polisiestasie nie.

Sy is in 2011 in hegtenis geneem vir aanranding met ’n gevaarlike wapen, maar die saak is later laat vaar. In 2013 het sy nie 'n klag van diefstal bestry nie, en sy het boonop nog ’n saak van bestuur met ’n opgeskorte lisensie hangende teen haar in die howe.

Bronne: Huffington Post, NY Daily News