Die verloofde paartjie Joel en Ashley gaan eersdaags in Jacksonville in die Amerikaanse deelstaat Illinois afhaak. Maar hoekom wil Burger King betrokke wees? Wel, Joel se van is Burger en Ashley s’n is King. Daar het jy dit: die toekomstige mnr. en mev. Burger-King! Nou het die reuse voedselgroep met dieselfde naam besluit om goedgunstiglik vir die blye geleentheid pa te staan.

Nie net sal Burger King alle uitgawes dek nie; hulle gee ook geskenke vir die gelukkige paartjie en al hul gaste.

Nie net sal Burger King alle uitgawes dek nie; hulle gee ook geskenke vir die gelukkige paartjie en al hul gaste.

Joel en Ashley is al sedert hul skooldae saam, maar het eers onlangs verloof geraak. Die verlowing is aangekondig deur ’n foto van die twee langs die kenteken van ’n plaaslike Burger King-restaurant.

Die kettinggroep het hiervan te hore gekom en toe die paartjie genader met die voorstel dat Burger King vir die Burger-King-bruilof betaal.

Die seremonie vind op 17 Julie plaas. Dit is nog onduidelik of Burger King-burgers die hoofmaal op die spyskaart gaan wees.

Bronne: The Guardian; Yahoo News