Strafbare manslag, sonder voorbedagte rade en met voorbedagte rade. Hier is 'n verduideliking van elk:

Strafbare manslag is uit noodweer soos wanneer iemand jou wil vermoor. In Oscar se geval is hierdie perke van noodweer dalk oorskrei omdat sy lewe glo nie bedreig was nie.

Sonder voorbedagte rade is wanneer die moord op die ingewing van die oomblik gepleeg is en in die geval van ‘n borgaansoek kan die regter besluit dat die persoon in belang van geregtigheid borg moet kry. Die maksimum tronkstraf is 15 jaar.

Met voorbedagte rade kan wees dat die persoon die moord ‘n maand, week of selfs ‘n uur voor die tyd beplan het en verskillende stappe gedoen het in die aanloop tot die moord. In so ‘n geval moet die beskuldigde bewys daar is buitengewone omstandighede soos spesiale mediese sorg. In Oscar se geval kan dit wees omdat hy so bekend is en dit moeilik sal vind om te vlug. Die feit dat niemand anders teenwoordig was tydens die skietery nie, beteken hy kan nie inmeng met ooggetuies nie.  In hierdie geval is die minimum vonnis lewenslank.

In Oscar se geval het die hof aangedui dat die klag van moord met voorbedagte rade na die borgaansoek kan verander.

(Bron: Milton de la Harpe – prokureur wat spesialiseer in kriminele reg.)