Dit het vanoggend aan die lig gekom dat die geliefde Afrikaanse skrywer en inwoner van Wellington, Winnie Rust (77), verlede Woensdag in haar woning verwurg is.

’n Tweede verdagte het vanoggend in die Wellington-landdroshof verskyn. Johannes Plaatjies (34) word saam met Nigel Plaatjies (18) van die moord aangekla. Die staatsaanklaer, Nicolene Arends, het nie aangedui of die twee verwant aan mekaar is nie.

Lees ook: Tweede verdagte in Winnie Rust-moordsaak vasgetrek

Op die klagstaat word hulle daarvan beskuldig dat hulle die slagoffer in haar huis in die woonbuurt Uitsig oorrompel en verwurg het. Landdros Brenda Mpako het albei se sake tot 24 Mei vir borgtogaansoek uitgestel.

Winnie word later vandeesweek ter ruste gelê.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Sinead O’Connor ongedeerd gevind ná polisiesoekto

3 kg haarbol uit vrou se maag verwyder ná sy 22 jaar lank haar hare kou

Dié webwerf kan glo voorspel wanneer jy doodgaan – wil jy weet?

Susan Sarandon ontketen storm met skokaantyging teen Woody Allen