Ons het ons lesers op Facebook gevra hoe hulle die feestyd deurgebring het. Sommige van hulle het ’n eerste oorsese reis ervaar, andere het die viswaters besoek. Jan Tuisbly het ook ’n draai by van ons lesers gemaak.

Waar jy en jou geliefdes jul feestyd deurgebring het, hoop ons dit was ’n wonderlike tyd van samesyn, vreugde en nuwe moed vir 2016!

Jaco Stuurman het heerlik in Kaapstad, Houtbaai en aan die Weskus se mooie Paternoster en Langebaan rondgekuier.

vakansie jaco stuurman USE

Hannetjie Ludick het ’n heerlike wegbreek by Uvongo en die Wilde Kus geniet.

vakansie hannetjie lucick USE

Dit klink soos die titel van ’n boek wat jy by vriende kan aanbeveel – Colleen Koekemoer se sewe dae in Hibberdene in KwaZulu-Natal

vakansie colleen koekemoer USE

"Te heerlik gewees" is wat Elsabé Kok oor die laaste paar dae van Desember 2015 te sê het. Ons hoop die vis het ook net so heerlik gebyt!

vakansie elsabe kok USE

Karien Pretorius kan nie uitgepraat raak nie oor hul eerste oorsese reis na hul seun en sy gesin in Nieu-Seeland. Dit klink of hulle meer as talle Kiwi’s van die pragtige land te siene gekry het. Sterkte met die 4000 foto’s waarmee julle teruggekeer het!

vakansie karien

Nie al ons Facebook-vriende het ingepak om elders te gaan rus nie, maar hulle het duidelik nie hul sin vir humor iewers verloor nie.

lesers op FB vakansie