Jy het elke aspek van jou lewe om jou baba gevorm, en om na jou bondeltjie vreugde te staar kan jou nie gelukkiger maak nie. Maar kom ons wees eerlik, of jou baba ’n paar weke of ’n paar maande oud is, daar kom ’n punt waar ons ons weerkaatsing sien en wonder wat geword het van daardie vietse lyfie van voor ons swangerskap.

Nie almal voel onmiddellik die drang om weer hul lyf terug te kry nie; dalk voer jy eerder verwonderd dat jy nege maande hierdie lewe in jou gedra het. Of dalk voel jy net gelukkig omdat jy gesond is. Maar sou jy die begeerte hê om ’n paar kilo’s af te skud en weer jou ou lyf terug te kry, gee Gareth Powell van Ultimate Sports Nutrition hierdie wenke:

  • Bly aktief: Dit is uitputtend om aan te pas by ’n baba in die huis. Jy gaan waarskynlik voel jy is oorweldig en het nog slaap nodig. (Moenie bekommerd wees nie, dit gaan net sowat 18 jaar duur!) Maar dit is steeds belangrik om aktief te wees. Al stap jy net om die blok, gaan jy voordeel daaruit trek.
  • Sluit jou baba in: Sluit jou baba by jou oefenroetine in. Gaan stap ’n ent met hulle in hul stootwaentjie – en probeer in die stap ’n paar strekke of ander bewegings doen.
  • Sluit by ander ma’s aan: Sluit aan by ’n oefengroep vir ma’s wat dieselfde doelwitte as jy het. Die motivering gaan jou jou fiksheidsdoelwit help bereik.
  • Bly op die regte spoor: Probeer wegbly van ongesonde kos (en dit waaraan jy jou tydens jou swangerskap oorgegee het) en fokus op voedsame kos.
  • Borsvoed as jy kan: Borsvoeding verbrand tussen 600 en 800 kalorieë per dag.
  • Begin stadig: As jy sedert jou baba se geboorte nie regtig geoefen het nie, moet jy dit in gedagte hou dat jou maagspiere effe swakker is en dinge aanvanklik rustiger vat.
  • Kry genoeg slaap: Dit klink dalk ’n bietjie vergesog vir ’n nuwe ma, maar dit is al bewys dat gereelde dutjies met gewigsbeheer help.

“Jy hoef nie jou huis of baba te verlaat deur te gaan gim nie. Jy kan by die huis oefen deur byvoorbeeld Pilates of joga te doen. Jy kan selfs ook in die huis met jou baba rondloop. Onthou, dieselfde leefstylreëls geld steeds: wees konsekwent in jou dieet en oefening en bly gemotiveerd sodat jy jou persoonlike doelwitte kan bereik,” sluit Gareth af.