Die Dis Koue Kos, Skat-aktrise woon op die oomblik vir ’n paar maande in Japan waar haar man, die Blou Bul-rugbyspeler Jacques Potgieter, vir die Munakata Sanix Blues uitdraf.

All the best with your game today my champ, I know it's going to be a tough one, but you're a tough guy! @jacquespotgieter7

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on
Sy deel sedert die begin van die jaar graag videos op haar YouTube-kanaal waar sy aanhangers ’n meer intieme blik oor haar lewe gee en ook waardevolle leefstylwenke deel. In haar nuutste video gee sy ons ’n kykie oor haar oggendroetine in Japan, van hoe sy soggens met haar natuurlike krulhare wakker word tot hoe sy haar huis regruk. “Hallo Jacqueie,” sê sy in die video terwyl sy nog in die bed lê en oor haar babamagie vryf. Angelique en Jacques word in Desember ouers van ’n seun, wat ook Jacques gaan heet.

Jacques Junior's room! All whites, greys and light blues. @louwynroux creator of our owl mobile.

A photo posted by Angelique Potgieter (@angeliquegerber83) on

“Ek vryf altyd my babamagie, gee dit liefde en aandag,” sê sy verder in die video. Sy wys dan hoe hulle blyplek in Japan op die oomblik vol babaklere is terwyl sy op kaste vir baba Jacques se goedjies wag.

Sy gaan deur haar dagboek om haar dag te organiseer. Dan is daar die huistakies soos om skottelgoed te was en huis skoon te maak.

Haar oggende is ook die tyd wat sy soveel as moontlik tyd saam met haar man deurbring voordat hy ’n lang dag van oefening moet aandurf.

Sy verkies ook om altyd haar dag met vars lug en oefening te begin. Terwyl sy oefeninge doen - soos stap, draf en trappe klim - neem sy lang diep asemhalings sodat sy nie haar hartklop te veel opjaag nie. “Maar ek geniet dit om te oefen terwyl swanger is.” voeg sy by.

Dan kom die mooimaakroeitine van aantrek en velsorg. Angelique volg ’n veganistiese leefstyl en gebruik net organies produkte op haar gesig en vel.

Sy wys ook hoe lekker ’n veganis se ontbyt kan lyk. Sy eet graag ’n vrugteskommel met grondboontjiebotter, piesangs, bevrore bessies en chia-sade. Terwyl sy dit maak voeg sy by dat sy gek is oor grondboontjiebotter. “Dis my gunsteling. Ek kan letterlik nie ophou grondboontjiebotter eet nie. Ek dink dit is ’n craving.”

Ná haar ontbyt begin haar woelige dag van admin en werk.

Kyk hier na die video: