Teen sluitingstyd in New York het die rand deur die R14/$-vlak gebreek, maar dit het na R13,93/$ teruggekeer toe bekend word die minister van finansies, Pravin Gordhan, moet by die Valke aanmeld.

Die Valke ondersoek Gordhan se rol as kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) toe ’n geheime ondersoekeenheid gestig is. Hulle wil kyk of die eenheid op hul eie opgetree en onwettige aktiwiteite uitgevoer het.

Party mense glo die bewerings is versin, want die eenheid het na bewering oor Nkandla rondgesnuffel.

Die mark beskou Gordhan as deurslaggewend tot Suid-Afrika se fiskale hervorming en dissipline en as hy uit sy pos verwyder word, sal dit die moontlikheid van ’n afgradering tot rommelstatus verhoog.

“As Gordhan sou gaan, dink ek daar is ’n baie werklike kans dat ons in Desember afgegradeer sal word,” het Adam Phillips van Umkhulu Consulting gesê. “Dalk sal hulle nie wag om ons van ons lyding te verlos nie. In die bestek van drie uur is al die goeie werk (met die hulp van beduidend winsgewende maatskappye) ongedaan gemaak.”

“Dit was waarskynlik ’n bietjie soos om in Utopia te sit met die rand wat vanjaar met meer as R2,00 versterk het,” het hy aan Fin24 gesê. “Om 17:30 was ons besig om nog ’n dag van randsterkte af te sluit, maar toe verskyn die Daily Maverick-storie.”

Die aanlyn publikasie het bekendgemaak Gordhan en nog ’n paar voormalige SAID-lede moet Donderdag by die Valke se kantore aanmeld om waarskuwingsbriewe te ontvang. Dis ’n voorloper van ’n amptelike klag.

Lees meer: Dis waarom Pravin Gordhan geteiken word

“As Gordhan enigiets verkeerds gedoen het, sou lankal uit die politiek getree het,” sê Adam. “Dit kan net deel wees van die voortslepende relletjie tussen die president en die tesourie. Dit is ironies dat pres. Jacob Zuma sekere staatsondernemings oorgeneem het om dit uit te pluis en nou kom dit aan die lig. Ek kan net nie glo dat Gordhan enigiets verkeerds gedoen het nie. Zuma speel ’n gevaarlike speletjie, want dit is om ’n rede soos dié dat hy en sy party in die plaaslike verkiesing baie stemme verloor het.

“Die 29ste Julie was die laaste keer dat ons op R13,99 was, en ek is seker daar gaan Woensdag senuagtige invoerders en buitelandse beduidend winsgewende rolspelers wees. Ons is nie eens seker of daar ’n klagstaat is en presies wat Gordhan en ander SAID-beamptes gedoen het nie. Die nuus sal beteken dat ons die res van die week senuagtigheid sien,” het hy gesê.

Adam sê Woensdag se uitreiking van Suid-Afrika se verbruikersprys-inflasiedata, wat inflasie meet, sal nie in hierdie konteks ’n uitwerking op die rand hê nie. Maar die bekendmaking van die Amerikaanse Federale Reserwebank se rentekoers Vrydag sal die groot deurslag gee. Tot dan is die rand min of meer veilig, sê Adam.

“Suid-Afrika sal in sy eie ‘risiko af’-scenario verskans wees tot party feite aan die lig kom,” het hy gesê. “Ek dink egter ons moet deur die volgende twee gaan voor ons enigsins na (die ekonoom Janet) Yellen se toespraak kyk. Die mark word dalk nie eens vertel wat regtig aangaan nie, wat operateurs net nog senuagtiger sal maak.”

Bron: Fin24