Hoewel die inligting ’n bietjie verouderd is, bied dit tog ’n nuttige oorsig oor Suid-Afrikaners se doen en late, en ook oor die ongelyke bydrae wat mans en vroue tot die huishouding lewer. Deur die verskillende aktiwiteite aan te dui deur die aantal minute wat daaraan bestee word, kan ’n mens ’n idee kry van hoe Suid-Afrikaners hul tyd deurbring. Of mense werk of nie, dis duidelik vrye tyd is ’n weelde wat mans eerder as vroue beskore is.

Hier is data uit die opname:

Bydrae tot die formele ekonomie

Mans – 7 uur per dag

Vroue – 5,5 uur per dag

Aangesien dit ’n gemiddelde statistiek vir Suid-Afrika is dié, kan die verskil daaraan toegeskryf word dat ’n miljoen meer mans as vroue formeel werksaam is.

Werk buite die kantoor

Onder werkende mans en vroue word die volgende ure bestee aan werk buite die kantoor, soos huiswerk:

Vroue – vier uur per dag

Mans – twee uur per dag

Onder werklose mans en vroue is dit ook die vroue wat die meeste tyd aan huiswerk bestee

Vroue – 5,5 uur per dag

Mans – 2,5 uur per dag

Onder enkellopende of geskeide mense is dit weereens die vroue wat die meeste tyd aan huishoudelike take bestee

Vroue – 200 minute per dag

Mans – 100 minute per dag

Verander enigiets wanneer mense trou?

Die mans se bydrae val tot 77 minute.

Vroue voeg dan die verlore en ekstra tyd by hulle s’n.

Wat beteken dit?

Dit kom daarop neer dat die huwelik ’n wen-wen-situasie vir mans is en ’n verloorstryd vir vroue. Die huwelik sorg vir nog werk vir vroue en meer vrye tyd vir mans.  Dit beteken mans het meer tyd vir televisie kyk, die internet, gesels met vriende en ander sosiale en ontspanningsaktiwiteite.

Bronne: mg.co.za; The Times (29 Augustus 2013)

Deur Faiza Mallick