Mense wat in groener stadsgebiede met parke en tuine woon, se lewensgehalte is baie beter as dié in ander gebiede, volgens ’n ondersoek aan die Universiteit van Exeter.

Sowat 5 000 huishoudings het oor ’n tydperk van 17 jaar aan die ondersoek deelgeneem.

Die navorsers het bevind mense wat in groener gebiede woon, se gesondheid en lewensgehalte vind op verskeie maniere daarby baat.

Die bevindings van dié ondersoek is in die vaktydskrif Psychological Science gepubliseer, berig Nuus24.

-Nuus24