Die peiling, wat deur CBeebies Land by Alton Towers gedoen is, het bevind kinders kla gereeld tydens die somervakansie van ses weke lank dat hulle niks het om te doen nie. ’n Tiende van die 2 000 ouers wat ondervra is, het die klagte tot vyf keer per dag gehoor.

Twee derdes van die ouers het gesê hulle sukkel om nuwe aktiwiteite uit te dink wat hulle tydens die skoolvakansie met hul kinders kan doen. En byna die helfte van die ouers het erken skoolvakansies is net so stresvol soos om ’n troue te beplan of om te verhuis.

Wat maak jy as jou kinders kla hulle is verveeld? SuperMa het die oplossing! Klik eenvoudig op die Pret-skakel bo-aan ons webtuiste vir ’n magdom idees oor aktiwiteite wat jy met jou kinders kan aanpak. Laat weet ons gerus wat jou gunstelinge is!

Bron: dailymail.co.uk

Lees ook: