“Die operasie was suksesvol en sonder enige komplikasies,” het Zinta Vrydagmiddag per WhatsApp aan huisgenoot.com gesê.

Sy vertel dat die dokters tevrede en positief is dat die 32-jarige Rikus, wat sedert 25 Mei in die hospitaal is, nou spoedig sal herstel. 

“Die dokters voorsien dat hy volgende week na die hoësorgeenheid oorgeplaas sal word.”

Rikus se Radio Raps-vertonings, Dingetjies en Goetertjies, is weens sy swak gesondheid voorlopig uitgestel. 

Hy het  Donderdag op sy Facebook-blad sy aanhangers bedank vir hul geduld en gesê nuwe datums vir optredes sal binnekort bekendgemaak word. 

Rikus het in November 2016 in ’n onderhoud aan Huisgenoot gesê hy streef daarna om gesonder te leef omdat hy na sy hart moet kyk.